Bible Society of South Africa
Neville Turley

Volhard in Jesus Christus – Dag 11

Die tweede kans-evangelie

Bybelteks(te)

LUKAS 22

Petrus sal Jesus verloën

31“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. 32Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”

LUKAS 22:31-32AFR83Maak oop in die Bybelleser

LUKAS 22

56'n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.”

57Maar Petrus het dit ontken deur te sê: “Juffrou, ek ken Hom nie!”

58'n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.”

Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!”

59Na verloop van sowat 'n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook 'n Galileër!”

60Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!”

En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar 'n haan gekraai. 61Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: “Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.” 62En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

LUKAS 22:56-62AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 21

5Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?”

“Nee,” antwoord hulle Hom.

6Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.”

Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie.

7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”

Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek – want sy bolyf was kaal – en in die water gespring. 8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. 9Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.”

11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

JOHANNES 21:5-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 14

21“Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”

JOHANNES 14:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Satan was seker baie gelukkig toe Petrus drie keer ontken het dat hy Jesus ken. Daarna het hy buitentoe gegaan en bitterlik gehuil (Lukas 22:56-62). Eers was dit Judas Iskariot en nou Petrus wat Jesus in die steek gelaat het.

Dit maak nie saak hoe sleg ons is nie, Jesus bied altyd ʼn tweede kans aan diegene wat waarlik berou het en Hom om vergifnis vra.

Petrus het so ʼn tweede kans gekry. Hy was saam met Tomas, Natanael, Jakobus en Johannes by die See van Tiberias in Galilea. Petrus het besluit om te gaan visvang en die ander het saam met hom gegaan.

Hulle het die hele nag visgevang en net na dagbreek het hulle ʼn man op die strand gesien. Dit was Jesus, maar hulle het Hom nie herken nie. “Jesus vra toe vir hulle: ‘Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?’ ‘Nee,’ antwoord hulle Hom. Hy sê toe vir hulle: ‘Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.’ Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer intrek nie” (Johannes 21:5-11).

Johannes sê toe vir Petrus: “Dit is die Here”. Petrus was baie bly en het in die water gespring en na Jesus toe geswem. Die ander dissipels het met die skuit gekom en die swaar net met die visse gesleep. Op die strand het Jesus hulle genooi om te kom eet. Hulle het geweet dat dit die Here is, maar nie een van hulle kon sover kom om Hom te vra wie Hy is nie. Na ete het Jesus met Petrus gepraat.

Drie keer het Petrus Jesus verloën. En nou gee Jesus hom ʼn tweede kans. Drie keer vra Jesus vir Petrus: “Het jy My lief?” En drie keer antwoord Petrus dat hy Hom liefhet.

Ons moet egter goed verstaan wat Jesus bedoel toe Hy vir Petrus vra of hy Hom liefhet. Die Bybel verduidelik dit mooi: “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar” (Johannes 14:21).

Het jy My lief? Dit is die grootste en belangrikste vraag wat Jesus vra aan elkeen wat met Hom praat. Wanneer Hy met jou praat, wat sal jou antwoord wees? Indien jy antwoord, “Ja, Here, ek het U lief en sal U gehoorsaam,” maak dit nie saak aan watter sondes jy skuldig is nie. Jy sal, soos Petrus, ʼn tweede kans ontvang. Satan sal ons nooit uit die hande van Jesus kan ruk nie.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS