Bible Society of South Africa

Ondeurgrondelike vergifnis – 2 Maart 2022

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

MATTEUS 18

Die plig om te vergewe

21Daarna het Petrus na Jesus toe gekom en gevra: “Here, hoeveel keer moet ek my broer vergewe as hy iets verkeerds teen my doen? Selfs sewe keer?”

22Jesus antwoord hom: “Ek sê vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.

MATTEUS 18:21-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

Oordrywing kan soms snaaks wees. Jesus het op ‘n keer gepraat van ‘n balk in jou oog (Matteus 7:3-5) en sy gehoor het heel waarskynlik uitgebars van die lag. Net so, toe Jesus in die gelykenis wat op vandag se teksvers volg, (Matteus 18:23-35) die man se skuld beskryf, het die oordrywing seker hulle monde laat oopval.

Tienduisend talente het sowat 300 metrieke ton geweeg en was gelykstaande aan ongeveer 200 000 jaar van ‘n dagloner van daardie tyd se loon. Die skare het geweet dat die skuld kon nooit terugbetaal word nie. Die koning het hom egter die skuld kwytgeskeld! Instede van om alles te verloor, is die skuldenaar vry! Hy kan sy lewe oor begin, vry van skuld en bekommernis.

Net so maak Christus se vergifnis ons vry van angs, berou en skuld. Ons is nie meer in die skuld as gevolg van ons sonde nie.

Jesus se gelykenisse is soos ‘n venster en ‘n spieël. Die eerste deel van hierdie gelykenis gee aan ons ‘n kykie deur die venster op die koninkryk van God. Vergifnis is volkome en onbeperk. Die venster verander egter in ‘n spieël wanneer ons na binne kyk en ontdek net hoe ons van God verskil. Selfs nadat hy volkome kwytgeskeld is van sy skuld, kon die slaaf nie ‘n ander kwytskeld wat hom ‘n klein bedraggie geskuld het nie.

Die gelykenis begin met die vraag “Here, hoeveel keer sal my broer teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe keer toe?” Jesus sê omdat God ons volkome vergewe het, moet ons ander so dikwels vergewe dat ons eintlik tred verloor van die aantal kere wat ons dit doen.

Genade gee geboorte aan genade. Is daar iemand wat jy vandag moet vergewe?

Gebed: Dankie vir u vergifnis wat ons verniet ontvang. Skep in my ‘n nuwe hart soos u s’n. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS