Bible Society of South Africa

Die vrygewige werkgewer – 3 Maart 2022

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

MATTEUS 20

13“Maar hy antwoord een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen onreg aan nie. Het jy nie met my ooreengekom vir die gewone dagloon nie? 14Vat jou geld en gaan huis toe. Ek wil vir hierdie laaste een dieselfde gee as vir jou. 15Mag ek dan nie met my geld maak wat ek wil nie? Of is jy afgunstig omdat ek goed is?’

MATTEUS 20:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

Hierdie gelykenis word dikwels genoem “Die arbeiders in die wingerd”, maar die kernkarakter is eintlik die eksentrieke grondeienaar. Die eienaar benodig arbeiders om sy wingerd te versorg. Sommige geharde werkers staan reeds vroegoggend op die straathoeke gereed om teen dagbreek te begin werk. Ander begin later en nog ander slenter die hele dag rond en werk net vir ‘n uur. Wat is die eienaar se reaksie? Hy betaal al die arbeiders dieselfde loon!

Hierdie verrassing is weer ‘n venster wat ons ‘n kykie op die koninkryk van God bied. God se groot genade vloei net so vrylik na diegene wat op hulle sterfbed voor Christus buig, as na gelowiges wat ‘n leeftyd van diens aan Christus gewy het.

Maar die grondeienaar se vlytigste arbeiders het gebrom en gekla. En, onverwags berispe hy hulle egter sagkens en herinner hulle daaraan dat alhoewel hulle die meeste werk gedoen en die hele dag in die hitte gewerk het, hy hulle presies betaal het waarop daar ooreengekom is.

Die Here is so besorg oor die voortbring van vrygewige en deernisvolle mense, dat Hy selfs diegene beloon wat nie ‘n volle lewe aan Hom gewy het nie. En Hy verwag dat die res van ons daaroor bly moet wees. Hierdie verhaal is ‘n spieël wat ons moet gebruik om daardie deeltjies van ons lewens te ondersoek wat nie God se karaktereienskappe weerspieël nie.

So dikwels vergelyk ons onsself met ander en is oortuig dat ons meer verdien. Goddelike vrygewigheid is vir almal, en Hy verwag niks terug nie.

Gebed: Genadige Hemelse Vader en sagmoedige Verlosser, gee dat ons, soos U, genadig en sagmoedig sal wees. Verwyder gierigheid uit ons lewens en gee dat ons ons nie voortdurend met ander sal vergelyk nie. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS