Bible Society of South Africa

‘n Onverwagte bestanddeel – 16 Maart 2022

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

LUKAS 13

20Verder het Hy gesê: “Waarmee kan Ek die koninkryk van God vergelyk? 21Dit is soos suurdeeg wat 'n vrou geneem en in twintig kilogram meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”

LUKAS 13:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Soos die gelykenis van die mostertsaadjie, verwys die gelykenis van die suurdeeg ook na iets klein wat ongelooflike resultate tot gevolg het. Vir hierdie gehoor van Jesus het suurdeeg dikwels sonde en boosheid verteenwoordig, en hulle sou definitief nie verwag het dat dit met die koninkryk van God geassosieer sou word nie.

Slegs ongesuurde brode kon by Israel se feesdae gebruik word. Die offer van enigiets met suurdeeg in was vir God onaanvaarbaar. (Lees Levitikus 2:11) Jesus het ook gewaarsku teen die suurdeeg van die Fariseërs, toe Hy na hulle huigelary verwys het. (Lukas 12:1) En Paulus het geskryf: “Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, … ” (1 Korintiërs 5:7a) Suurdeeg is gereeld vergelyk met die deurdringendheid van sonde en goddeloosheid.

So die verwysing van suurdeeg in ‘n gelykenis oor die koninkryk van God sou definitief hierdie Joodse gehoor onkant betrap het. Wat het Jesus bedoel? Dit klink nie asof Hy na geheiligde brood verwys het nie!

Jesus het dikwels skokkende beelde gebruik om ‘n punt te maak. God kan selfs iets wat verag word gebruik om groot resultate in sy koninkryk te lewer. Jesus kon net sowel gesê het dat ‘n groep voormalige vissermanne, prostitute en tollenaars nie net ‘n plek in die koninkryk van God het nie, maar dat hulle instrumenteel tot die groei daarvan is.

En as God suurdeeg kan gebruik, kan Hy my en jou definitief ook gebruik!

Gebed: Here, U wat die onverwagte in u planne gebruik, gebruik ons asseblief vir u doeleindes en om u eer uit te dra. Gee dat u koninkryk in u wêreld sal groei. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS