Bible Society of South Africa

Watter kant toe kyk jy? Kyk vorentoe – 30 Maart 2023

Deur Charlea Grey

Bybelteks(te)

12In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê.

1 TIMOTEUS 6:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

In Engels is daar die gesegde: “Eyes on the prize”. Ek kan nie help om aan hierdie gesegde te dink wanneer ek 1 Timoteus 6 lees nie.

Wanneer die lewe besig raak en ons vasgevang is in ons roetines en gewoontes is dit maklik om te vergeet van hierdie “wedloop” waarvan ons deel is. Boonop kan ons selfs vergeet dat dié wedloop baie volharding verg en dat daar tye is wat dit nie maklik is om ’n Christen te wees nie. Om te leef soos wat God wil hê ons moet leef, verg inspanning, tyd en moeite. Dit verg baie harde werk en toewyding. Dit is nie iets wat ’n mens moeiteloos kan aanpak nie. Dit verg ’n konstante bewustheid van jouself en jou aksies – jou woorde en jou optrede.

Maar laat ons mekaar gedurig herinner dat daar ’n prys is wat eendag op ons wag. Die ewige lewe – ’n lewe sonder die swaarkry en hartseer wat ons in hierdie wêreld verduur. Daarom kan en moet ons onthou om ook vorentoe te kyk en te onthou wat by die eindstreep vir ons wag.

Gebed: Here God, dankie dat daar ’n prys vir ons wag. Help ons om ten spyte van die uitdagings, vorentoe te kyk en te volhard in die wedloop van die lewe. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS