Bible Society of South Africa

Voorkom 'n ineenstorting - 19 Oktober 2023

Deur Imogen Campbell

Bybelteks(te)

16Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.

1 TIMOTEUS 4:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die aërodinamika om ‘n voël of vliegtuig in die lug te hou, berus op die veronderstelling dat nie een van hulle met een vlerk kan vlieg nie. Op baie dieselfde manier moet ons noukeurig op beide ons lewe en leer agslaan. Ons kan elke versie in die Bybel ken, maar as ons lewe nie van die boodskap daarvan getuig nie, is die kans dat ons as Christene sal val en ineenstort baie goed.

Charles Edward Jefferson het op ‘n keer gesê: “Om ‘n Christen te wees, is om Jesus so opreg en vurig te bewonder, dat ons ons hele lewe daarna streef om soos Hy te wees.” [vry vertaal]

“Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg.” (Lukas 9:23)

Ek het saam met vriende Bybelstudie gedoen toe ek van “aangesig tot aangesig” met die Jesus van die Bybel gekom en besluit het om Hom te volg. Of het ek? In daardie vroeë, opwindende dae het ek en my vriende dikwels gevra: “Wat sou Jesus gedoen het?” En dan het ons dit gaan doen.

Alhoewel ek ‘n gereelde kerkganger was, het ek op daardie stadium beperkte Bybelkennis gehad, nog nooit ‘n mens uit die Joodse geloof ontmoet of die Midde-Ooste besoek nie, en hulle gebruike was vir my heeltemal onbekend. Dit het definitief die manier wat ek die Bybel gelees het, beïnvloed.

Op die stadium toe ek tot bekering gekom het, was ek in ‘n kerk wat oorspronklik in Amerika ontstaan het. Ek is bevrees my Jesus was ‘n bietjie Amerikaans. In my gedagtes was die Jesus wat ek gevolg het ‘n luidrugtige ekstrovert. Ek het begin om myself te berispe oor dinge wat nie in die teks staan nie. Soos ek gister reeds genoem het, moes ek begin om die Bybel deeglik te bestudeer ten einde die boodskap op ‘n geskikte manier in my lewe te kan toepas.

Die verloën-myself-gedeelte is natuurlik nie altyd in ooreenstemming met die bybelse waarheid gedoen nie, maar was eerder op aannames en veronderstellings gebaseer. Ironies genoeg het ek in my idee van wat “verloën homself” beteken, myself amper verloor. Ek moes Jesus eers leer ken binne die konteks van die tyd wat Hy op aarde geleef het, voordat ek die lewenslesse suksesvol kon toepas. En sekerlik voordat ek ander op grond van die Woord tot verantwoording kon roep.

Vandag wil ek weer vra dat julle die Bybel sal bestudeer en nie net die teks deeglik sal leer ken nie, maar ook die man Jesus, die wandelende Woord van God.

Gebed: Here Jesus, dankie dat U die waarheid in u Woord aan ons openbaar en dat die Heilige Gees ons in die waarheid lei. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS