Bible Society of South Africa

Tyd om standpunt in te neem? – 25 Januarie 2023

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

God is lig

5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

1 JOHANNES 1:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

28Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na 'n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

29“As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. 30Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”

MATTEUS 5:28-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Genoeg is genoeg.” Dit is hoe baie Suid-Afrikaners voel ná die regering se onlangse aankondiging dat beurtkrag vir nog twee jaar permanent deel van ons lewe gaan wees. Om hul ongelukkigheid te demonstreer, sal ’n groot aantal mense vandag na die Paradegrond in Kaapstad en na Luthuli-huis in Johannesburg stap as deel van die “Power to the People”-optogte.

Gaan dit ’n verskil maak? Ek weet nie.

Tog, wat sal gebeur as ons in ons eie lewens ’n besluit neem om ons harte te inspekteer en op te ruk en standpunt in te neem teen alles wat nie reg is in God se oë nie – ons middelmatige huwelik, skinderpraatjies, jaloesie, aggressie, daardie “grys area” werksooreenkomste, ’n slegte gewoonte, trots, noem maar op?

Sal ons meer vryheid ervaar? Sal ons die Heilige Gees se stem duidelik hoor omdat “daardie ding” dalk die blokkasie in ons verhouding met God veroorsaak?

In 1 Johannes 1:5 lees ons: “God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” En in Matteus 5:28-30 maak Jesus dit duidelik dat God sonde haat: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel beland.”

Begeer jy ’n meer betekenisvolle verhouding met God? Kom ons neem vandag standpunt in en stel God eerste in alles wat ons doen. Hy is immers ’n heilige God. Sterkte.

Gebed: Vader God, dankie dat U ’n verhouding met elkeen van ons begeer. Help my om van die dinge ontslae te raak wat ’n blokkasie tussen my en U veroorsaak. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS