Bible Society of South Africa

Teken af want dit is volmaak - 31 Oktober 2023

Deur Imogen Campbell

Bybelteks(te)

Die wederkoms van Jesus

6Toe sê die engel vir my: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here God, wat sy Gees aan die profete gee, het sy engel gestuur om vir sy dienaars te wys wat binnekort moet gebeur.”

DIE OPENBARING 22:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die koorgedeelte van Fairground Attraction se 1980’s liedjie “Perfect” het in my kop bly maal terwyl ek oor die onfeilbare Woord van God nagedink het:

“It’s got to be perfect, it’s got to be worth it, yeah
Too many people take second best
Well, I won’t take anything less
It’s got to be, yeah, perfect ”

Dit was die perfekte lirieke vir my gedagtes. Hoekom?

Om af te teken op ‘n projek was in die ou dae heeltemal anders as vandag. Om mee te begin, dit moes aan streng standaarde voldoen. Die druk van boeke was ‘n tydrowende proses en akkuraatheid was uiters belangrik. Moderne digitale prosesse maak bywerkings en vinnige nuwe vrystellings moontlik. Dit was nie die geval in die tyd toe die drukpers uitgevind of boeke moeisaam met die hand vervaardig is nie.

Ek het onlangs hieroor nagedink en ook oor hoe God moes gevoel het toe sy liefdesbrief aan die mensdom voltooi is. Neem ek in ag dat alles wat Hy gemaak het goed was, dink ek ek weet hoe God die geskrewe Woord beskou het. Derhalwe die liedjie.

“God, sy weg is volmaak; die woord van die Here is gelouter. Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.” (2 Samuel 22:31) Dit is nie verbasend dat God daarin geslaag het om die beste boek van alle tye, die onbetwiste topverkoper in die wêreld, vir ons te gee nie. Oor die jare is die onfeilbaarheid daarvan bewys. Profesieë is vervul, net soos die Bybel dit voorspel het.

Die woord van die Here is eenvoudig genoeg vir elke individu om te verstaan en dan tot ‘n verlossende geloof in Christus te kom. En tog is geleerdes reeds vir geslagte besig om die diepte van die Heilige Skrif te probeer bepaal, maar ten spyte van hulle eie diepte en intelligensie oortref die Skrif hulle steeds. Hoe groot is die woord van ons God!

Die Woord van God hoef nie vir ‘n moderne gehoor bygewerk te word nie. Nee, die Skrywer het die werk voltooi en dit staan. Geen nuwe openbarings is nodig nie. “Moenie eers daaraan dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete af te skaf nie. Ek het nie gekom om af te skaf nie, maar om te vervul. Amen, Ek sê vir julle: Totdat die hemel en die aarde tot niet gaan, sal daar beslis geen jota of tittel van die Wet tot niet gaan nie, totdat alles vervul is. (Matteus 5:17-18)

“Toe het die engel aan my gesê: “Hierdie woorde is betroubaar en waar. Die Here, die God van die geeste van die profete, het sy engel gestuur om aan sy diensknegte te wys wat binnekort moet gebeur.” (Openbaring 22:6)

Watter wonderlike groot God dien ons nie! Hy het vir ons alles gegee wat ons vir hierdie lewe en tot in ewigheid benodig.

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir u blywende Woord wat ons elke dag, en tot in ‘n ewigheid saam met U, sal lei. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS