Bible Society of South Africa

Hoekom twyfel jy? - 11 Oktober 2023

Deur Imogen Campbell

Bybelteks(te)

27Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

28Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”

29“Kom!” sê Hy.

Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. 30Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

31Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

MATTEUS 14:27-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die mens het miskien al op die maan geloop, maar die geskiedenis bewys dat daar, behalwe Jesus, nog net een mens op die water geloop het, en dit is Petrus. Het jy al gewonder waar die ander dissipels was en hoekom hulle nie by Petrus op die water aangesluit het nie?

Wel, die ander was reg daar op die boot, vreesbevange omdat hulle gedink het Jesus is ‘n spook. Op ‘n manier kan ons hulle vergelyk met leunstoelkykers wat in die gerief van hulle eie huis na ‘n aksiefilm kyk.

Hoe maklik is dit egter nie om aan Petrus te dink as die kleingelowige, die een wat getwyfel het. Dit is nie duidelik of enige een van die ander daaraan gedink het om by Jesus op die water aan te sluit nie. Petrus was egter die een wat die kans gewaag en die avontuur van ‘n leeftyd gehad het.

Leunstoelkritici het dikwels van die kantlyn af ‘n negatiewe siening. Tog, soos ‘n ware risikonemer, het Petrus hier ‘n reuse kans gewaag. Dit inteenstelling met diegene wat om die dood nie ‘n fout wil begaan nie en altyd probeer verseker dat hulle alles reg doen, al beteken dit dat hulle altyd veilig moet speel.

Dit laat my dink aan ‘n bekende aanhaling van Theodore Roosevelt: “It is not the critic who counts; not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whose face is marred by dust and sweat and blood; who strives valiantly; who errs, who comes short again and again, … who at the worst, if he fails, at least fails while daring greatly, so that his place shall never be with those cold and timid souls who neither know victory nor defeat.”

Soos die lewe maar is, sal die dag kom dat ek en jy iets in die geloof sal moet doen. Ek veronderstel dat slegs tyd sal leer hoe ons gaan reageer.

Ons hoef egter nie bang te wees nie. Ons kan ons Bybels oopmaak en solank ons oortuigings en geloof verdiep, sodat wanneer die geleentheid hom voordoen ons gereed sal wees.

Gebed: Vader, dankie dat die Christenlewe een van opwinding is. Om saam met Jesus deur die lewe te stap, is die grootste eer en dankie dat ons sy volgelinge kan wees. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS