Bible Society of South Africa

Donker dieptes: Moenie ophou bid nie - 16 Oktober 2024

Deur Charlea Grey

Bybelteks(te)

PSALMS 18

7In my nood roep ek na die Here,

ja, ek roep om hulp na my God.

In sy paleis hoor Hy my geroep.

Ek roep na Hom om hulp, en Hy luister na my.

Een Sondagmiddag toe ek huis toe ry, hoor ek ’n liedjie op die radio. Ek kan tot vandag toe nie die lied se naam onthou nie, maar toe ek in die motorhuis stop, het ek bly sit. Dit het my diep geroer. Ek wou dadelik uitvind wie die kunstenaar is.

So het ek Matthew West, ’n Amerikaanse sanger, se musiek ontdek.

Een van sy nuutste liedjies se titel is “Don’t stop praying”. Dis een van die liedjies wat ek oor en oor luister wanneer ek bekommerd of bang is, wanneer ek swaarkry en worstel met iets. Ek wil dit graag vandag met jou deel. Die liedjie begin so:

“What’s your impossible? Your “I need a miracle”
What’s got you barely hanging by a single thread?
What looks so hopeless now? What weighs down your heart with doubt?
You beg for a breakthrough, but no sign of breakthrough yet
When you’ve cried, and you’ve cried ‘til your tears run dry
The answer won’t come, and you don’t know why
And you wonder if you can bow your head even one more time.”

Dan kom die bemoedigende refrein:

“Don’t stop praying
Don’t stop calling on Jesus’ name
Keep on pounding on Heaven’s door
And let your knees wear out the floor
Don’t stop believing
‘Cause mountains move with just a little faith
And your Father’s heard every single word you’re saying
So, don’t stop praying.”

Die lied is vir my ’n wonderlike herinnering dat ons moet volhard in gebed, maak nie saak hoe moedeloos ons voel nie. Selfs wanneer dit voel of jou gebede nie verhoor word nie, kan jy aanhou glo dat God luister. Jou smeekgebede val nie op dowe ore nie. God luister. Hy hoor jou.

Moenie ophou bid nie. Moenie ophou glo nie. Moenie ophou om te glo dat daar ’n wonderwerk wag nie. Moenie ophou glo dat daar uitkoms sal wees nie. Moenie ophou bid nie. Hou vas aan God. Móénie ophou bid nie.

Gebed: Here, dankie dat U altyd na my gebede luister. Help my om altyd aan te hou om met U te praat, maak nie saak hoe moedeloos ek voel nie. Amen

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS