Bible Society of South Africa

Die begin en die einde - 31 Mei 2023

Deur Xanthe Hancox

Bybelteks(te)

DIE OPENBARING 1

8“Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

DIE OPENBARING 1:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vandag se vers vertel ons dat God deur die tye heen die Almagtige is – in die verlede, hede en toekoms. Hy noem Homself die Alfa en die Omega, die begin en die einde, wat bestaan geheel en al omvat.

In ‘n wêreld waar ons dikwels onseker is en wat voortdurend verander, is dit gerusstellend om te weet dat ons God konstant en onveranderlik is. Hy is dieselfde gister, vandag en vir ewig. Hy hou die verlede, hede en toekoms in sy hande, en is bewus van en betrokke by elke oomblik en aspek van ons lewens.

As die Alfa, is God die skepper van alles. Hy is die Skepper van die heelal en Hy het die mens na sy beeld gemaak. Hy het bestaan voordat tyd begin het en Hy het volkome beheer oor die hele verloop van die geskiedenis.

As die Omega, is God die uiteindelike bestemming en vervulling van alle dinge. In Hom word sy verlossingsplan vervul en word ‘n gebroke wêreld hestel en nuut gemaak. Hy bied aan ons die ewige lewe en die belofte van ‘n ewige tuiste in sy teenwoordigheid.

Ons kry troos in die wete dat ons God die Alfa en die Omega is, die Een wat die verlede, hede en toekoms in sy hande hou. Wanneer ons die onsekerhede van die lewe moet hanteer, kan ons vrede vind omdat ons weet dat Hy elke tree van die pad by ons is. Laat ons Hom vertrou want Hy is almagtig. Kom ons gee ons lewens oor aan sy volmaakte plan, vol vertroue dat Hy alles vir ons ten goede sal laat meewerk.

Gebed: Hemelse Vader, ons loof U omdat U die ewige en almagtige God is. Te midde van die lewe se onsekerhede, help ons asseblief om U te vertrou want U is onveranderlik, en help ons om aan u beloftes vas te hou. Gee aan ons die wysheid om ons lewens aan u wil oor te gee en die versekering dat U alles vir ons ten goede sal laat meewerk. In Jesus se Naam. Amen

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS