Bible Society of South Africa

Begin nuut … met nuwe denke – 19 Januarie 2023

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

23Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,

want dit bepaal jou hele lewe.

SPREUKE 4:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

2 KORINTIËRS 10:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

FILIPPENSE 4:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

In Desember, ’n dag ná André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom se bedanking, het iemand hom met sianied probeer vergiftig. ’n Klein hoeveelheid is in sy koffie gegooi. Nadat De Ruyter dit gedrink het, het hy bloedrooi in sy gesig uitgeslaan, begin braak en gesukkel om asem te haal. Sy veiligheidspersoneel het hom na die hospitaal gehaas waar sy lewe gered is.

Sianied verhoed enige opname van suurstof in ons liggame. Een kapsule is genoeg om ons dood binne minute te veroorsaak as ons nie noodbehandeling kry nie.

Die nuus van De Ruyter het my laat dink aan hoe Satan ons ook daagliks probeer “vergiftig”. Hy gebruik nie sianied nie, maar negatiewe gedagtes. Aanvanklik dink ons nie dat dit gevaarlik is nie. Tog as ons dit nie stop nie, verander dit vinnig in bitterheid, aanstoot, haat, verwyt en selfs depressie. Soos die sianied suurstofopname verhoed, verhoed negatiwiteit dat ons enige mooi in die lewe raaksien – en verseker ook dat ons geen hoop in ons harte kan opneem nie.

In Spreuke 4:23 lees ons: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.” (1983-vertaling)
‭‬‬‬
In Efesiërs 6 word ons herinner om daagliks die helm van verlossing as deel van die wapenrusting op te sit om ons gedagtes te beskerm. In 2 Korintiërs 10:4-5 staan geskryf: “Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God … Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.” (1983-vertaling)

Dan in Filippense 4:8 word ons herinner aan wat ons wel op moet fokus: “… alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (1983-vertaling)
‭‭‬‬‬‬‬‬
Sianied kan ons dood veroorsaak – net so kan negatiewe gedagtes mettertyd veroorsaak dat ons nie meer ’n lewe in oorvloed smaak nie. Kom ons dink ’n slag weer waaroor ons dink en neem enige negatiewe gedagtes betyds gevange. Sterkte.

Gebed: Vader God baie dankie dat U vir ons wapens gee om teen die vyand te veg. Help my om doelbewus my gedagtes skoon en rein te hou. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS