Bible Society of South Africa

Begin nuut … met ’n hart vol geloof – 18 Januarie 2023

Deur Benescke Janse van Rensburg

Bybelteks(te)

Wat geloof is

1Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

HEBREËRS 11:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

25“En wanneer julle staan om te bid, en julle het iets teen iemand, vergewe hom; dan sal julle Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredings vergewe.”

MARKUS 11:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

FILIPPENSE 4:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ek lees onlangs dié gesegde: “Die begin van vrees is die einde van geloof en die begin van ware geloof die einde van vrees.”

Kom ek verduidelik dit só: Wanneer daar ’n uitdaging in ons lewens is (byvoorbeeld ’n krisis in die werkplek, eensaamheid, ’n behoefte na ’n baba of lewensmaat, ’n krisis met ons finansies of gesondheid, wat dit ook al mag wees), moet ons bid totdat ons vrede in ons harte beleef. Op dié punt het ons die uitdaging aan God oorgegee en glo ons dat Hy in beheer is.

Hierna moet ons gebede verander na:
1. God dank dat Hy besig is om te werk.
2. Onsself en vir God herinner dat ons glo dat Hy Soewerein is en besig is om te werk – al voel dit nie so nie.
3. God vra om ons geloof deur sy Heilige Gees sterk te hou.

Hoekom is bogenoemde stappe so belangrik? Wanneer ons deurbraak langer neem as waarop ons gehoop het, gebeur dit maklik dat ons gebede wat voorheen vol geloof was in “kla”-gebede verander. Ons fokus só op die uitdaging dat ons reus groter raak as God se vermoë om ’n deurbraak te bewerkstellig.

In Hebreërs 11:1 lees ons: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” In Markus 11:24 sê Jesus: “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.” En in Filippense 4:6-7 staan geskryf: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (1983-vertaling0

God gee om oor jou situasie en Hy eer steeds vandag geloof – dink maar aan die vrou wat aan bloedvloeiing gelei het (Lukas 8); die hoofman oor 100 (Lukas 7); Daniël in die leeukuil (Daniël 6); Sadrag, Mesag en Abednego in die vuuroond (Daniël 3); Josua en Kaleb as spioene van die Beloofde Land (Numeri 13); en Dawid en Goliat (1 Samuel 16).

Die begin van vrees en bekommernis is die einde van geloof, maar die begin van ware geloof, die einde aan vrees en bekommernis. Sterkte.

Gebed: Vader God, vandag bring ek opnuut (noem jou situasie) na U. Dankie, dat ek kan weet dat U besig is om te werk. Ek glo dat U soewerein is en so ook u tydsberekening. Versterk my asseblief deur u Heilige Gees in my geloof wanneer ek swak is. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS