Bible Society of South Africa
Carina Francke

Verhoudinge – Dag 20

Die Here en ek: Vreugde

Bybelteks(te)

Om Jesus te volg

23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, 24want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou.

LUKAS 9:23-24AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Laat my weer die blydskap ervaar

van iemand wat deur U verlos is,

laat my U weer met toewyding dien.

PSALMS 51:14AFR83Maak oop in die Bybelleser
1 PETRUS 1:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het,

hulle was vir my 'n vreugde;

ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is,

Here, almagtige God.

JEREMIA 15:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Ek het vir die Here gesê:

“Ek behoort aan U,

daar is vir my niks goeds nie behalwe by U.

Die bekende sielkundige, dr. Karl Messinger, se antwoord op die vraag wat sy advies sal wees aan iemand wat depressief is en geen vreugde in die lewe ervaar nie, was die volgende: “Sluit jou huis, loop oor die treinspoor, vind iemand wat in nood verkeer en doen iets om daardie persoon te help.”

Jesus gee ʼn soortgelyke radikale antwoord: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou” (Lukas 9:23-24).

Hiermee bedoel Jesus eintlik dat iemand wie se lewe om die “self” draai sal leeg loop, maar wanneer hy by die Een bly wat die Bron van vreugde is, sal hy sy lewe behou.

Dawid verduidelik in ʼn gedig die vonk wat vreugde in ʼn mens se lewe aansteek — jou verlossing of redding: “Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is” (Psalm 51:14). Petrus eggo hierdie waarheid: “Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met ʼn onuitspreeklike en heerlike blydskap” (1 Petrus 1:8). Soos Jeremia vind die gelowige egter ook sy vreugde in die woorde van die Here: “Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart” (Jeremia 15:16).

Waarom sien ons dan so baie ongelukkige gelowiges rondom ons? Die gebeure agter bogenoemde teksverse konfronteer ons met moontlik oorsake wat vreugde onderdruk. Mense sondig moedswillig, soos Dawid met Batseba, en probeer dit dan wegsteek of ontken. Erkenning, opregte berou en die vra van vergifnis, herstel die oortreder se uitbundige vreugde (Psalm 51).

Mense glo nie werklik dat God is wie Hy sê Hy is nie (Jeremia 15:6); hulle kan nie met hulle hele hart bely, “U is my Here; vir my is daar niks goed behalwe U nie” (Psalm 16:2).

Sy Woord het ʼn bysaak geword in hulle lewens — ʼn onnodige vyfde wiel aan die wa. Miskien het dit nodig geword om weer die Woord met nuwe entoesiasme te eet om daardie vreugde en vrolikheid aan te wakker.

En wie weet, dalk loop ons mekaar eendag op die treinspore raak, op soek na mense wat die vonk nodig het wat sy vreugde in hulle lewens laat opvlam.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS