Bible Society of South Africa
Ds Hein Barnard

Vergifnis – Dag 13

Hierdie is die enigste geval in die Bybel waar God ʼn ander volk as Israel vergewe, selfs al het die boodskapper besluit hy dit nie wil doen nie.

Bybelteks(te)

God het nie die ramp gestuur nie

1Die woord van die Here het 'n tweede keer tot Jona gekom:

2“Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat Ek jou sal gee.”

3Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve toe soos die Here hom beveel het. Nineve was 'n baie groot stad: 'n mens het drie dae gevat om dit deur te stap. 4Jona het die stad ingegaan en 'n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes!”

5Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het 'n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek. 6Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op 'n ashoop gaan sit. 7Hy het in Nineve laat proklameer: “Die koning en sy raadgewers beveel dat mens en dier, grootvee en kleinvee, aan niks mag proe nie, dat hulle niks mag eet en nie water mag drink nie. 8Mens en dier moet rouklere aanhê, en die mense moet ernstig tot God roep en hulle van hulle verkeerde dade bekeer en berou hê oor die geweld wat hulle gepleeg het. 9Miskien sal God van plan verander en nie meer kwaad wees nie. Dan sal ons nie omkom nie.”

10Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.

Vergifnis in die Profete – 3

God het Jona na Nineve gestuur, maar hy het besluit om in die teenoorgestelde rigting te gaan. Jona beland toe in ‘n storm op die see en word oorboord gegooi waarna hy deur ‘n groot vis ingesluk word. Toe hy weer op die land is, het God hom weer na Nineve gestuur — en hy het gegaan. Almal in Nineve het aandag gegee aan die dreigende oordeel, selfs die koning!  Almal het gevas en opgehou om verkeerde dinge te doen, die diere ingesluit.

In vers 10 word gesê dat God hulle jammer gekry het en hulle berou aanvaar het; daarom het God hulle nie gestraf het nie.

Dit wys hoe God met ander nasies omgaan, nie net met sy eie volk nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS