Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 34

Veronregting

Bybelteks(te)

Die vromes roep om hulp teen hoogmoedige vyande

1Waarom staan U so ver weg, Here?

Waarom trek U U terug in tye van nood?

4Neus in die lug sê hy:

“God vra tog geen rekenskap nie!”

In al sy planne is daar geen plek vir God nie.

5Dit gaan mos altyd goed met wat hy aanpak.

U oordele is vir hom te ver weg, buite sy gesigsveld.

Hy snork met veragting oor al sy vyande.

PSALMS 10:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

12Kom tog, Here! Toon u mag, o God!

Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie.

PSALMS 10:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

14En die hele tyd het U dit gesien, die lyding en verdriet.

U let daarop en maak daar 'n einde aan.

Op U verlaat die ongelukkige hom,

ook vir die weeskind is U 'n helper.

PSALMS 10:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Die Here bly altyd koning,

die vyande is uit sy land verdryf.

17U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here.

U gee hulle nuwe moed.

U verhoor hulle gebed.

PSALMS 10:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Dit is vir my goed om naby God te wees

1'n Psalm van Asaf.

God is vir Israel baie goed,

vir dié wat rein van hart is.

2Tog het ek daaraan begin twyfel,

ek het byna koers verloor,

3want ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën

toe ek hulle voorspoed sien.

PSALMS 73:1-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Daarom het ek diep nagedink om dit te verstaan

en was dit vir my bitter moeilik

17totdat ek in die heiligdom van God ingegaan

en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is.

PSALMS 73:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Tog was ek nog altyd by U,

want U vat my aan die hand.

24U lei my met u raad

en aan die einde sal U my in ere by U opneem.

25Daar is niks in die hemel of op die aarde

wat vir my meer beteken as U nie.

PSALMS 73:23-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

28Maar wat my aangaan, dit is vir my goed

om naby God te wees.

Ek het die Here my God gekies as my toevlug!

Ek sal van al u werke bly vertel.

PSALMS 73:28AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS