Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 33

Verlossing

Bybelteks(te)

12As U 'n mens die straf oplê wat sy sonde verdien,

verteer U hom soos 'n mot 'n kleed.

Ag, alle mense is verganklik. Sela

13Hoor tog my gebed, Here,

luister na my hulpgeroep;

moet tog nie koud staan teenoor my trane nie,

want ek is net op u beskerming aangewese;

U alleen sorg vir my, soos vir al my voorvaders.

PSALMS 39:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Aan U, o God, kom 'n lofsang toe in Sion:

geloftes moet betaal word 3aan U wat die gebed verhoor.

Na U toe sal alle mense kom 4om hulle skuld te bely.

Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.

5Dit gaan goed met die mens vir wie U uitkies

en laat naderkom om in u tempel te bly.

Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet,

die goeie dinge in u heilige woning.

6In u trou antwoord U ons met kragtige dade,

o God, ons Verlosser,

op wie ook die mense in afgeleë lande

en op verre seë vertrou.

PSALMS 65:2-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

20Geloof sy die Here!

Dag na dag dra Hy ons! God is ons hulp! Sela

21God is vir ons die God wat ons red,

die Here ons God deur wie ons bewaar word in doodsgevaar.

PSALMS 68:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS