Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 35

Versoeking

Bybelteks(te)

3Sit 'n wag voor my mond, Here,

hou tog wag oor wat ek sê.

4Hou my gedagtes weg van verkeerde dinge,

dat ek nie in sonde verval

saam met manne wat onreg doen nie,

en dat ek nie deelneem aan hulle feeste nie.

5'n Regverdige kan my in liefde slaan en teregwys,

maar van die goddeloses sal ek nie eens gasvryheid aanvaar nie,

want my gebede is gedurig teen hulle boosheid gerig.

PSALMS 141:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

8Op U, Here my God aan wie ek behoort, is my oë gerig,

by U skuil ek, moenie dat my lewe wegkwyn nie.

PSALMS 141:8AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS