Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 3

Bekommernis

Bybelteks(te)

28Ek kwyn weg van kommer,

skenk my krag soos U in u woord beloof het.

PSALMS 119:28AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Soos 'n wildsbok smag na waterstrome,

so smag ek na U, o God.

3Ek dors na God, na die lewende God.

Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?

4Dag en nag is ek in trane,

want sonder ophou sê hulle vir my:

“En waar is jou God nou?”

5As ek my lewe voor my laat verbygaan,

dink ek daaraan

hoe ek opgetrek het na die woonplek van God,

voor 'n skare uit na sy huis toe geloop het

met gejuig en lofsang – 'n skare wat feesvier.

6Waarom is ek so in vertwyfeling

en waarom kerm ek so?

Vertrou op God!

Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.

Hy is my helper

PSALMS 42:2-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Tog sal die Here weer op 'n dag sy trou laat blyk

en sal ek selfs in die nag 'n lied vir Hom sing,

'n gebed tot die God van my lewe.

10Ek wil vir God sê:

“My Rots, waarom het U my vergeet?

Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van die vyand?”

11Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot

en dag na dag vir my sê:

“En waar is jou God nou?”

PSALMS 42:9-11AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS