Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 2

Almag van God

Bybelteks(te)

Die Here is die magtige koning

1'n Psalm van Dawid.

Die aarde en alles wat daarop is,

die wêreld en dié wat daar woon,

alles behoort aan die Here,

2want Hy het die fondamente daarvan in die see gelê

en dit stewig gevestig in die waters.

PSALMS 24:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Verbly julle, poorte,

wees bly, eeue-oue deure,

want die magtige Koning wil ingaan!

10Wie is Hy, hierdie magtige Koning?

Die Here, die Almagtige,

Hy is die magtige Koning. Sela

PSALMS 24:9-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die stem van die Here is magtig

1'n Psalm van Dawid.

Prys die Here, julle hemelinge!

Prys die Here om sy eer en mag!

2Prys die Here om die eer van sy Naam!

Buig voor die Here by sy heilige verskyning!

3Die stem van die Here weerklink oor die waters.

Dit is die magtige God wat die weer laat dreun;

die Here self is op die groot waters!

4Die stem van die Here is magtig,

die stem van die Here is vol majesteit.

PSALMS 29:1-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Die Here heers oor die watermassas,

Hy heers vir altyd as koning.

11Die Here gee krag aan sy volk;

die Here seën sy volk met oorvloed.

PSALMS 29:10-11AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS