Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 28

Skuldbelydenis

Bybelteks(te)

2Dit gaan goed met die mens

vir wie die Here die oortreding nie toereken nie

en in wie se gees daar geen valsheid is nie.

3Toe ek oor my sonde geswyg het,

het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.

4U hand het dag en nag swaar op my gedruk,

my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela

5Toe het ek my sonde bely,

my oortreding nie weggesteek nie.

Ek het gesê:

“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”

en U het my skuld vergewe. Sela

PSALMS 32:2-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Deur u toorn is daar nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie,

deur my sonde is daar nie meer 'n heel plek aan my lyf nie.

5Ja, my ongeregtighede het my oorweldig

soos 'n las wat vir my te swaar is.

6My wonde stink en sweer,

en dít deur my eie dwaasheid.

7Ek is krom en inmekaar getrek,

ek loop die hele dag en treur,

8want my lyf brand van die koors

en daar is nie meer 'n gesonde plek aan my liggaam nie.

9Ek is gedaan en heeltemal platgeslaan,

my hart jaag en ek brul van die pyn.

10U weet waarna ek smag, Here, my gesmeek is vir U geen geheim nie.

11My hart jaag, my krag het ingegee,

ek kan nie eers meer sien nie.

12My siekte hou my familie en my vriende ver van my af,

en my bure kom nie naby my nie.

PSALMS 38:4-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Ek bely my ongeregtigheid,

my sonde kwel my.

PSALMS 38:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Maak tog gou om my te help,

Here, my Redder!

PSALMS 38:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Wees my genadig, o God, in u troue liefde,

wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid!

4Was my skoon van my skuld,

reinig my van my sonde!

5Ja, my oortredings ken ek

en van my sonde bly ek altyd bewus.

6Teen U alleen het ek gesondig,

ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.

U uitspraak is dus reg

en u oordeel regverdig.

PSALMS 51:3-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

18'n Offer vra U nie,

anders sou ek dit bring;

'n brandoffer wil U nie hê nie.

19Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:

U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

PSALMS 51:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Aan U, o God, kom 'n lofsang toe in Sion:

geloftes moet betaal word 3aan U wat die gebed verhoor.

Na U toe sal alle mense kom 4om hulle skuld te bely.

Ons sondes het ons ingehaal, maar U maak ons daarvan vry.

PSALMS 65:2-4AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS