Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 27

Regverdigheid van God

Bybelteks(te)

17As die Here my nie gehelp het nie,

was die stilte van die graf seker al my tuiste!

18Toe ek gedink het my voete gly,

het u troue liefde my regop gehou, Here.

19Toe ek met baie onrus in my binneste sit,

het u vertroosting my tot rus gebring.

20U duld geen korrupsie in die regspraak nie,

geen mens wat, teen u gebod in, ellende veroorsaak nie.

21Hulle span saam teen die regverdige,

hulle veroordeel onskuldige mense tot die dood.

22Maar vir my is die Here 'n veilige vesting,

my God is die rots waar ek kan skuil.

PSALMS 94:17-22AFR83Maak oop in die Bybelleser

137U is regverdig, Here,

wat U bepaal, is reg.

138In groot regverdigheid en trou het U u verordeninge uitgevaardig.

PSALMS 119:137-138AFR83Maak oop in die Bybelleser

9Hy sal ons ons sonde nie bly toereken

en nie vir ewig toornig bly nie.

10Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie,

vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie,

11want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is,

so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien.

PSALMS 103:9-11AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS