Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 29

Teleurstelling

Bybelteks(te)

Die Here het die bande losgesny

1'n Pelgrimslied.

Hulle het my van jongs af swaar verdruk,

dit moet Israel sê,

2hulle het my van jongs af swaar verdruk,

maar hulle kon my nie onderkry nie.

3Hulle het van my rug 'n ploegland gemaak

en daar lang vore op getrek.

4Die Here is regverdig,

Hy het die bande losgesny

waarmee die goddeloses my gebind het.

5Mag almal wat vir Sion haat, self tot niet gaan,

6mag hulle wees soos gras op 'n dak:

dit verdroog nog voor dit behoorlik uitgespruit het

7en daar is niks om af te sny

en in bondels weg te dra nie.

8Niemand wat daar verbygaan, sal die groet:

“Die Here het julle geseën,

ons seën julle in die Naam van die Here,”

kan uitspreek nie.

PSALMS 129:1-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Moenie op magtiges vertrou nie,

nie op 'n mens nie;

hy kan jou nie red nie.

4Sy asem verlaat hom, hy word weer grond

en sy planne is daarmee heen.

PSALMS 146:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Verander tog ons lot, Here!

1'n Pelgrimslied.

Toe die Here die lot van Sion verander het,

was dit vir ons soos 'n droom.

2Ons het gelag en gesing.

Onder die nasies het hulle gesê:

“Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.”

3Die Here hét groot dinge aan ons gedoen;

ons was bly.

4Verander tog ook nou ons lot, Here,

soos U droë spruite in die Suidland

in waterstrome verander.

5Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.

6Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,

hy kom juigend terug

terwyl hy sy gerwe dra.

PSALMS 126:1-6AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS