Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 20

Nietigheid van die mens

Bybelteks(te)

10Mense is verganklik,

mense is niks:

op 'n skaal wys hulle geen gewig nie,

saam is hulle minder as niks.

11Moenie op geweld vertrou nie;

roof sal jou niks in die sak bring nie.

As jou rykdom toeneem,

moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.

12Een ding het ek God hoor sê,

nee, twee:

dat net God mag het 13en 'n mens net op U, Here, kan vertrou,

en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.

PSALMS 62:10-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

3U laat die mens sterwe:

U sê net: “Word weer stof!”

4Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is,

soos een enkele wagbeurt in die nag.

5U maak 'n einde aan 'n mens,

hy gaan die doodslaap in.

Hy is soos gras wat in die môre afgesny word:

6in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny

en teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

PSALMS 90:3-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Here, wat is 'n mens dat U hom sou wil ken,

'n mensekind dat U aan hom sou dink?

4'n Mens, hoe verganklik is hy tog:

sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.

PSALMS 144:3-4AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS