Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 13

Heerskappy van God

Bybelteks(te)

10Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer;

die wêreld staan vas, dit wankel nie;

die Here sal die volke regverdig oordeel.”

11Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig,

die see en alles daarin moet druis,

12die veld en alles daarop moet jubel,

al die bome in die bos moet hulle verheug

13voor die Here, want Hy kom,

Hy kom om oor die aarde te heers.

Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,

oor die volke met billikheid.

PSALMS 96:10-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here

1'n Psalm.

Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here,

want Hy het magtige dade gedoen,

deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin.

7Die see en alles daarin moet druis,

die aarde en alles daarop moet juig,

8die riviere moet hande klap,

die berge moet saam juig

9voor die Here,

want Hy kom om oor die aarde te heers;

Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid,

oor die volke met billikheid.

PSALMS 98:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS