Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 14

Hoop

Bybelteks(te)

11Leer my u wil, Here,

en lei my op 'n gelyk pad

sodat my vyande nie hulle sin kry nie.

12Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie,

want daar staan vals getuies teenoor my

en hulle blaas geweld teen my aan.

13As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!

14Vertrou op die Here!

Wees sterk en hou goeie moed!

Ja, vertrou op die Here!

PSALMS 27:11-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Die Here bepaal die koers van die mens

met wie se pad Hy tevrede is, en Hy ondersteun hom.

24As so iemand val, bly hy nie lê nie,

want die Here help hom op.

25Ek was jonk en ek het oud geword,

maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien

of dat sy nageslag brood soek nie.

26Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente:

met sy nageslag sal dit goed gaan.

PSALMS 37:23-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

39maar die regverdiges word deur die Here gered.

Hy is hulle toevlug in tyd van nood.

40Die Here help hulle en Hy bevry hulle,

Hy bevry hulle van die slegte mense en red hulle,

want hulle skuil by Hom.

PSALMS 37:39-40AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS