Bible Society of South Africa

Troos uit die Woord – Dag 12

Grootheid van God

Bybelteks(te)

6Die hemel loof u wondermag, Here,

die hemelinge loof u trou.

7Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word?

Wie onder die hemelwesens is soos die Here?

8Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag.

Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom.

9Here, almagtige God, wie is soos U?

U krag is groot, Here, u trou is oral!

10U heers oor die onstuimige see:

as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.

PSALMS 89:6-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Here, ons Here,

hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,

hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

3Kinders en suigelinge besing die magtige werk

wat U tot stand gebring het.

So word u teëstanders,

die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4As ek u hemel aanskou,

die werk van u vingers,

die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,

5wat is die mens dan

dat U aan hom dink,

die mensekind dat U na hom omsien?

PSALMS 8:2-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die openbaring van die Here is volmaak

1Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid.

2Die hemel getuig van die mag van God,

die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.

3Die een dag gee die berig deur aan die ander

en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

4Sonder spraak en sonder woorde,

onhoorbaar is hulle stem.

5Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld

en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.

Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan.

6As hy stralend begin om sy baan te volg,

is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom.

7Aan die een kant van die hemel kom hy op

en aan die ander kant gaan hy onder,

en niks ontkom aan sy gloed nie.

PSALMS 19:1-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

2Die Here is groot!

Aan Hom kom al die lof toe

hier in die stad van ons God,

hier op sy heilige berg,

11Net soos u Naam, o God, so strek u lof oor die hele aarde.

U mag het groot redding gebring.

12Sionsberg moet bly wees,

die stede van Juda moet oor u reddingsdade juig!

PSALMS 48:11-12AFR83Maak oop in die Bybelleser
Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS