Bible Society of South Africa
Gawie van Jaarsveld

Vriendelike Filippense – Dag 10

Blydskap ... en tevredenheid

Bybelteks(te)

Dank vir liefdegawes van die gemeente

10Ek was baie bly in die Here dat julle na so 'n lang tyd weer gewys het dat julle nog aan my dink. Nie dat julle my ooit vergeet het nie, julle het net nie die kans gehad om iets te doen nie. 11Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. 12Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. 13Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

FILIPPENSE 4:10-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

• Watter vers of woord wil jy verder oor nadink?
• Om tevrede te wees ten spyte van jou omstandighede is iets om na te streef. Dit sal beteken dat jy, net soos Paulus, op ʼn ander manier nadink oor jou omstandighede.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS