Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 99

Spreuke 12:25

Bybelteks(te)

25Bekommernis druk 'n mens neer;

'n vriendelike woord vrolik hom op.

SPREUKE 12:25AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke beklemtoon die algemene waarheid dat bekommernis ’n mens neerslagtig kan maak, maar ’n vriendelike (goeie) woord jou daaruit kan haal. Let op dat dit nie goeie nuus oor die bekommernis as sodanig is nie, maar doodgewoon ’n woord van bemoediging, ’n woord wat jou kan opvrolik. Gee só ’n woord aan iemand vandag wat dit nodig het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS