Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 97

Spreuke 12:21-23

Bybelteks(te)

21Geen leed sal die regverdige tref nie;

goddeloses beleef ramp op ramp.

22Die Here het 'n afsku van leuenaars;

Hy hou van betroubare mense.

23'n Verstandige mens loop nie te koop met sy kennis nie;

dwase basuin hulle dwaasheid uit.

SPREUKE 12:21-23AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die eerste deel van vers 21 kan heeltemal verkeerd verstaan word. Dit is nie asof niks slegs met ’n regverdige kan gebeur nie, soos baie vertalings dit weergee nie. Rashi, ’n Joodse geleerde, vertaal dit so: “The righteous will not be caught up in wickedness.” Die NIV vertaal: “No harm overtakes the righteous.” Die HCB vertaal: “No disaster overcomes the righteous.”

Die regverdige sal dus nie heeltemal ten gronde gaan weens onheil of onreg nie (vgl Rom 8:28,37). Die teendeel is waar van die goddelose. Hulle val vas in ongeluk.

Vers 22 bevestig dat God betroubaarheid lief het. Hy haat bedrog. Vers 23 wys die wysheid uit van nie te vinnig met jou kennis te spog nie. Dit is wat dwase doen. Hulle loop te koop met hulle stommiteite.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS