Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 96

Spreuke 12:19-20

Bybelteks(te)

19Die waarheid hou vir altyd,

die leuen net 'n oomblik.

20Dié wat op kwaad uit is, doen dit omdat hulle vals is;

dié wat beraadslaag vir vrede en voorspoed,

doen dit met vreugde.

SPREUKE 12:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 19 kontrasteer die leuen met die waarheid. Die “lip van waarheid”, soos dit letterlik vertaal word, hou vir altyd. Die “tong van bedrog” net ’n oomblik. Die rede is vanselfsprekend. Waarheid kan die toets van ’n ondersoek deurstaan. Die leuen nie. Vers 20 kontrasteer die hart van kwaadstokers met dié van vredemakers. Bose planne verraai ’n bedrieglike hart. Vrede maak bring vreugde in die hart van die vredemaker.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS