Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 95

Spreuke 12:18

Bybelteks(te)

18Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees;

wyse mense bring genesing met wat hulle sê.

SPREUKE 12:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer woorde wat seermaak met woorde wat heelmaak.

Woorde wat seermaak, is woorde wat onverskillig en onbedagsaam (bôṭe in Hebreeus) uitgeblaker word, sonder om eers goed na te dink daaroor. Dit is soos die steke van ’n swaard. En ’n mens is skuldig aan die effek daarvan, of dit nou bedoeld of onbedoeld is (vgl Lev 5:4). Sulke woorde het Moses die beloofde land gekos, omdat hy uit bitterheid teenoor die volk oortree het (vgl Ps 106:33).

Woorde wat heelmaak, is woorde waaroor goed nagedink is: “What the wise say is faithful and true, gentle and kind, uplifting and encouraging; so their words bring healing.” (NET). Sulke woorde kan ook met ’n swaard vergelyk word, soos dit talle plekke van die Woord van God, die Bybel, gesê word, maar die doel daarvan is anders. Dit beoordeel die bedoelinge en gedagtes van die hart om dit in lyn met God se wil te bring (vgl Hebr 4:12).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS