Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 94

Spreuke 12:15-17

Bybelteks(te)

15In die dwaas se oë is sy eie pad die regte;

wie wysheid het, luister na raad.

16'n Dwaas wys dadelik dat hy beledig voel;

'n verstandige mens laat nie blyk dat hy gekrenk is nie.

17Wie die waarheid aan die lig bring,

lewer betroubare getuienis;

'n getuie wat lieg, maak alles vals.

SPREUKE 12:15-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 15 en 16 onderskei die dwase van die wyse deur hulle bereidheid om na raad te luister waar te neem, sowel as hulle bereidheid om nie aanstoot te neem nie. Die sot besluit self of hy reg is. Die wyse luister na raad. Die sot is onmiddellik kwaad oor ’n belediging, maar ’n wyse is bereid om dit oor die hoof te sien. Vers 17 onderskei ’n betroubare van ’n vals getuie in wat hulle met die waarheid wil doen. Die betroubare getuie wil die waarheid laat seëvier. Die valse getuie wil die waarheid wegsteek deur bedrog.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS