Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 93

Spreuke 12:12-14

Bybelteks(te)

12Die goddelose soek sy veiligheid in verkeerde dade;

die regverdiges staan vanself vas.

13'n Slegte mens stel vir homself

'n strik met sy opruiende woorde;

wie reg doen, ontkom uit die nood.

14'n Mens kan voorspoedig word

deur altyd die regte woorde te gebruik,

of hy kan die vrug geniet van wat hy met sy hande doen.

SPREUKE 12:12-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Vers 12 is uiters moeilik om te vertaal. Een manier om dit te verstaan, is dat die goddelose vasval in bose begeertes en die regverdige vasstaan in vrygewigheid. Vers 13-14 is helder. Die bose mens verstrik homself in sy eie verdraaide woorde, terwyl ’n regverdige deur sy eerlikheid ontsnap (vgl Matt 12:36-37). Woorde en dade het gevolge.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS