Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 90

Spreuke 12:8-9

Bybelteks(te)

8'n Mens word geprys vir sy insig

en uitgelag as hy nie verstandig dink nie.

9Liewer gering geag word en tog 'n slaaf besit

as jou vernaam aanstel en nie kos hê om te eet nie.

SPREUKE 12:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer in vers 8 verstandigheid met verwardheid. Die man met woorde van insig en verstand word geprys. Die man met ’n perverse en verdraaide hart word verag. Dit is vanuit ’n Bybelse beoordeling. Vers 9 kontrasteer selfstandigheid met skynheiligheid. Dit is beter om gering geag te word terwyl jy vir jouself werk en ander in diens kan neem, as om jouself vernaam te hou, maar niks het om van te leef nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS