Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 89

Spreuke 12:5-7

Bybelteks(te)

5Die mening van regverdiges kan die toets van die reg deurstaan;

die slim raad van goddeloses is onbetroubaar.

6Goddeloses stel met wat hulle sê, dodelike hinderlae vir ander;

opregte mense red ander met wat hulle sê.

7Goddeloses val en dit is klaar met hulle;

die nageslag van die regverdiges bestaan voort.

SPREUKE 12:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer die betroubaarheid van die regverdiges met die bedrog van die goddeloses. Die regverdiges meet alles wat hulle sê en doen aan dit wat vir God reg is. Dit red hulle en dié wat na hulle luister. Dit word bevestig in hulle nalatenskap.

Die goddelose mense bedrieg ander vir eie gewin – dink aan Jakob se bedrog (Gen 27:35) – en soek ander se ondergang. Dit sal hulle egter suur bekom, want hulle kom tot ’n val deur hulle eie toedoen. Soos Jesus sê, die wyse man bou sy huis op die rots – om te luister na en te leef in wat God sê. Die dwase man bou sy huis op die sand van sy eie bose planne (Matt 7:24-27).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS