Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 88

Spreuke 12:4

Bybelteks(te)

4'n Knap vrou gee haar man hoë aansien;

een wat haar man in die skande steek,

is vir hom soos vretende kanker.

SPREUKE 12:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke besing die lof van ’n knap vrou teenoor een wat skande maak. Die een bou haar man op. Sy is vir hom soos ’n kroon. Die ander breek haar man af. Sy is vir hom soos ’n kanker.

Die woord “knap” (ḥayil) kan ook met “sterk”, “dapper”, “vermoënd”, en “vaardig” vertaal word. Dit kan selfs met “kragtig” vertaal word wat seksuele konnotasies het (vgl Spr 31:3). Die woord “skande maak” (mĕḇîšâ) het ook seksuele konnotasies in sommige kontekste. Dit word bv in kontekste gebruik waar onsedelikheid ter sprake is (Hos 2:7).

Interessant genoeg word die Spreuke 31 vrou ook met die woord ḥayil beskryf (Spr 31:10). So ook Rut (Rut 3:11). Dit is waarom Peterson hierdie vers só vertaal: ” A hearty wife invigorates her husband, but a frigid woman is cancer in the bones.” Food for thought.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS