Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 87

Spreuke 12:2-3

Bybelteks(te)

2Die Here hou van 'n goeie mens,

maar Hy veroordeel 'n slinkse mens.

3Niemand wat 'n verkeerde lewe lei, hou stand nie;

wie die wil van die Here doen, staan stewig.

SPREUKE 12:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke stel dit sterk. ’n Goeie mens vind genade van Jahwe. Die mens met slinkse planne word deur Hom veroordeel. Niemand wat aanhou kwaaddoen en onreg pleeg, kan ooit bestendig wees nie. Terwyl regverdiges soos ’n boom met ’n diep penwortel is. Hulle kan nie ontwortel word nie.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS