Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 85

Spreuke 11:29-31

Bybelteks(te)

29Wie sy huishouding verwaarloos,

sal naderhand net wind oor hê;

'n onverstandige mens word die slaaf

van dié een wat wysheid het.

30Wie die wil van die Here doen, is 'n bron van lewe;

die mens wat wysheid het, red lewens.

31Die regverdige kry hier op aarde wat hom toekom;

net so seker die goddelose en die sondaar.

SPREUKE 11:29-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke waarsku jou om nie jou familie te verwaarloos of die lewe vir hulle moeilik te maak nie. Dit sal hulle van jou vervreem en jou verhouding met hulle verbreek. Trouens, sulke dwaasheid kan jou alles laat verloor, selfs jou vryheid.

Die vrug van ‘n regverdige se lewe is egter soos ‘n boom wat lewe gee. Dit laat ander ook wysheid begeer. ‘n Gewelddadige lewe daarteenoor vernietig mense (soos die tweede deel van vers 30 ook vertaal kan word).

Moenie dink dat goddeloosheid en sonde nie gestraf sal word nie. Selfs die regverdige kry hier op aarde wat hom toekom. “If good people barely make it, what’s in store for the bad!” (The Message)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS