Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 83

Spreuke 11:27

Bybelteks(te)

27Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag;

wie op die kwaad uit is, kry dit.

SPREUKE 11:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke verwoord die waarheid dat wat jy soek, jou vind. Jy verander in die rigting wat jy jou lewe rig. Dié wat die goeie met hulle volle aandag soek, vind die guns van mense en God. Dié wat die kwade soek, sal vind dat die kwade maar alte gewillig is om gevind te word. Trouens, die kwaad sal die kwaadwilliges inhaal. Soos Kidner sê: “What you seek for others, you will get yourself.”

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS