Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 82

Spreuke 11:24-26

Bybelteks(te)

24Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het,

daar is ander wat suinig is en tog arm word.

25Wie 'n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê.

Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.

26Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoop

en hulle seën iemand wat gewillig is om te verkoop.

SPREUKE 11:24-26AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke onderstreep die paradoksale wysheid dat vrygewigheid vir jou self voordeel bring, maar dat suinigheid jou seermaak. ’n Gulhartige persoon geniet oorvloed, en wie ander se dors les, word self gehelp. Die daad baat die doener die meeste. Dit geld selfs in besigheid, want waar iemand koring terughou om die prys op te jaag, word God se hulp in terme van vloek en seën ingeroep.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS