Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 79

Spreuke 11:20-21

Bybelteks(te)

20Die Here verafsku mense wat nie opreg is nie;

Hy hou van mense wat onberispelik lewe.

21Dit staan vas: 'n slegte mens sal nie loskom nie,

maar selfs die nageslag van die regverdiges sal vrygespreek word.

SPREUKE 11:20-21AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke herinner ons aan God se regverdigheid. Mense met geslepe harte en perverse gedagtes is vir die Here afstootlik. Mense wat onberispelik doen wat God vra, is vir die Here ’n plesier. Jy kan seker wees – die Hebreeuse uitdrukking: “hand aan hand” kan in Engels vertaal word met “let’s shake hands on it” – dat God die bose sal straf, maar selfs die nageslag van die regverdige daarvan sal verlos. Watter wonderlike belofte!

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS