Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 78

Spreuke 11:18-19

Bybelteks(te)

18Die wins wat 'n slegte mens maak, hou nie;

wie volhou om reg te doen, kry blywende beloning.

19Die lewe lê voor vir wie by die reg bly,

die dood wag vir wie aanhou kwaad doen.

SPREUKE 11:18-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer die goddelose se werk vir korttermyn wins en die regverdige se saai vir langtermyn opbrengs. Die goddelose se wins is bedrieglik, want sy boosheid bring die ewige dood. “It is not real, what a bad man gains.” (Moffat). Die regverdige se opbrengs is betroubaar, want die lewe lê voor vir wie aanhou reg doen.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS