Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 77

Spreuke 11:16-17

Bybelteks(te)

16'n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam;

mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom.

17'n Mens wat iets vir 'n ander oor het, baat self daarby;

'n hartelose mens word deur sy eie toedoen verstoot.

SPREUKE 11:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke kontrasteer genade met geweld. ’n Genadige vrou – soos dit letterlik in die Hebreeus staan – verdien eer by ander. ’n Gewelddadige man gryp sy rykdom by ander. Die kontras is tussen ’n vrygewige, genadige en grasieuse vrou en magtige, gewelddadige en ongenaakbare mans. Soos Moffatt briljant vertaal: “A charming woman wins respect: high-handed men win only wealth.” (Vers 22 sal later sê die “charm” moet darem dieper as “skin-deep gaan!)

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS