Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 76
Spreuke 11:15
Bybelteks(te)
SPREUKE 11
Ons word hier gewaarsku soos in Spreuke 6:1-5 (vgl ook Spr 22:26) om nie borg te staan vir ’n vreemdeling nie, ’n “ander” (zār), dws ’n persoon wat jy nie ken nie, of wat nie saam met jou die Here aanbid nie. “Whoever makes deals with strangers is sure to get burned; if you keep a cool head, you’ll avoid rash bargains.” (The Message). “Handslag” in die 1933/53-vertaling dui op die handdruk of “handslaan” (soos ’n high five vandag) om die ooreenkoms te bekragtig.