Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 75

Spreuke 11:14

Bybelteks(te)

14Sonder oorwoë leiding val 'n volk;

die redding lê in baie raadgewers.

SPREUKE 11:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke verwoord die bewese waarheid dat leierskap noodsaaklik is vir ’n volk om te floreer. Die woord wat hier met leierskap vertaal kan word, is taḥbulôṯ. Dit dui op beide oorwoë begeleiding as op strategiese oorleg. Die krag van die leiding lê egter nie in ’n enkele individu opgesluit nie, maar in ’n veelheid van raadgewers. Peterson sê dit so goed: “Without good direction, people lose their way; the more wise counsel you follow, the better your chances.” (The Message).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS