Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 74

Spreuke 11:12-13

Bybelteks(te)

12'n Onverstandige mens praat met minagting van 'n ander;

'n verstandige mens swyg.

13Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit;

'n betroubare mens bewaar 'n geheim.

SPREUKE 11:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke leer ons om ’n wag voor ons mond te sit. Sê liewer niks as om iemand anders te minag, want dit kan wys voel om iemand so af te kraak, maar kan jou diep in die moeilikheid bring. Betroubare mense lap niks uit nie. ’n Geheim is by hulle veilig. Wees dus uiters versigtig vir skinderbekke.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS