Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 73

Spreuke 11:9-11

Bybelteks(te)

9'n Godlose mens laat 'n ander te gronde gaan met wat hy sê;

mense wat aan God gehoorsaam is,

word deur hulle kennis gered.

10'n Stad juig oor die voorspoed van regverdiges

en jubel wanneer die goddeloses te gronde gaan.

11'n Stad kry 'n goeie naam

wanneer opregte mense dit prys,

maar dit word afgebreek

deur wat goddelose mense daarvan sê.

SPREUKE 11:9-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke waarsku jou teen ’n Godlose mens wat roekeloos is met sy lasterlike woorde. Hy laat sy naaste deur sy korrupte woorde ten gronde gaan. Die enigste verweer van die regverdige is kennis wat die skynheiligheid daarvan kan ontbloot. Die regverdige se voorspoed bring vreugde vir almal en gee ’n stad ’n goeie naam. Almal is egter bly as die goddelose vergaan, want alles wat hulle doen, is afbrekend.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS