Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 70

Spreuke 11:5-6

Bybelteks(te)

5Die gehoorsaamheid van die opregte maak sy pad gelyk;

wie verkeerd doen, kom daardeur tot 'n val.

6Die betroubaarheid van eerlike mense red hulle;

onbetroubare mense word deur hulle hebsug gevang.

SPREUKE 11:5-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke leer ons dat opregte gehoorsaamheid aan God se wil jou pad in die lewe gelyk maak, maar ongehoorsaamheid daaraan laat jou struikel. Dit is wat die Bybel bedoel met die woord geregtigheid. ’n Mens kan dit só opsom: Gehoorsaamheid stel jou vry. Ongehoorsaamheid vang jou vas.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS