Bible Society of South Africa

Spreuke: Eenjaarleesplan – Dag 69

Spreuke 11:4

Bybelteks(te)

4Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie;

om te lewe volgens sy wil, red van die dood.

SPREUKE 11:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

Spreuke leer ons dat geregtigheid baie meer werd is as jou goed. Jou welvaart beteken niks as God se oordeel jou tref nie. Net ’n regte verhouding met Hom kan jou van die (ewige) dood red. “Righteousness sees a man through.” (Kidner). In die NT is dit die geregtigheid van Christus wat ons van die oordeel van God red. Jesus nooi ons uit om op Hom te vertrou en aan Hom gehoorsaam te lewe. Dan kom ons nie in die oordeel van God nie (Rom 8:1-4).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS